Send us Fan Mail
Romeine 8:17 En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid.
Ons spandeer ons hele lewe daaraan om swaarkry te probeer vermy. Ons hardloop daarvan weg. Ons bid dit weg. Of ons maak bloot asof dit nie deel van ons lewensverhaal is nie. In God se koninkryk is lyding en heerlikheid nie teenoorgesteldes nie. Hulle is twee kante van dieselfde kruis.
In 1889 het die Nederlandse skilder, Vincent van Gogh, homself na jare se emosionele pyn in ’n inrigting laat opneem. Hy was alleen en misverstaan. Tog het hy daar geskilder in vlae van absolute angs én genialiteit. En in daardie eensame plek skep hy The Starry Night — ’n warboel van skoonheid, gebore uit diep wanhoop.
Van Gogh het eenkeer geskryf: Ek plaas my hart en siel in my werk, en het my verstand in die proses verloor. Hy het nie self sy roem beleef nie. Tog het sy lyding vir die wêreld ’n lig gegee wat vandag nog skyn.
Dít is die paradoks: skoonheid deur gebrokenheid. Heerlikheid deur hartseer.
Die apostel Paulus - wat geslaan, verraai en opgesluit is - het iets soortgelyks geskryf in:
Romeine 8 vers 17: En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid.
Jesus Sélf het daardie pad geloop. Die kruis was nie ’n mislukking nie - dit was die vervulling. Uit sý lyding het verlossing gekom. Uit sý wonde het lewe gekom.
So wanneer jy deur seisoene van pyn gaan, moenie dink dat God jou verlaat het nie. Dieselfde God wat die opstanding uit die kruisiging laat ontstaan het, kan betekenis aan jóú stryd gee.
Lyding is nie die teenoorgestelde van heerlikheid nie — dit is die pad dáárheen. Want in die koninkryk van God kan selfs jou donkerste nagte ’n meesterstuk van genade skilder.
Dit is God se Woord. VARS … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY