Send us Fan Mail

Hebreërs 12:3 Hou Hom voor oë wat so 'n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie 

Daar kom ’n punt in elkeen van ons se lewens waar ons kragte eenvoudig opraak. Wanneer dit voel asof ons gebede niks uitrig nie, die gewag eindeloos voel, en om tou op te gooi, na die enigste logiese uitweg klink. Dis juis op daardie oomblik waar ware moed begin - die moed om te volhard.

In die 1600's het ’n jong Kwaker-vrou met die naam Mary Dyer geweier om haar geloof in Jesus te verloën. In daardie tyd is die Kwakers in die Massachusetts Bay-kolonie vervolg - hulle is in die tronk gestop, gemartel, en selfs weens hul oortuigings om die lewe gebring.

Mary is verskeie kere in hegtenis geneem en beveel om stil te bly oor haar geloof. Maar sy kon nie. Haar gewete het dit net nie toegelaat nie. Toe sy die kans kry om haar eie lewe te red deur haar geloof af te sweer, het sy gesê: “In gehoorsaamheid aan die wil van die Here het ek gekom … en in sy wil, bly ek getrou tot die dood toe.”

 Sy is in 1660 in die openbaar opgehang. 

Dít is nou volharding - nie met groot geruis, of om ryk en bekend te word nie; dis ’n vasberade liefde vir God wat weier om om te draai.

Hebreërs 12 vers 3: Hou Hom voor oë wat so 'n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie. 

Jesus weet presies wat dit is om ter wille van die waarheid te ly. Hy is verraai, geslaan, bespot en gekruisig - en tog het Hy volhard, omdat sy liefde Hom gedring het. So, wanneer jy uitgeput voel, voel of niemand jou raaksien nie, of as jy in die versoeking kom om tou op te gooi, dink dan aan Mary Dyer. 

Dink aan Jesus, want ware moed is nie altyd luidrugtig nie - soms is dit bloot die stil besluit om aan te hou vertrou, selfs al sê alles in jou jy moet ophou. En daardie soort volharding gaan nooit ongesiens verby nie. Dink aan Jesus wat so ’n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het en Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Podden och tillhörande omslagsbild på den här sidan tillhör Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet. Innehållet i podden är skapat av Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet och inte av, eller tillsammans med, Poddtoppen.