Send us Fan Mail

Galasiërs 6:9 Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. 

Ons leef in 'n wêreld wat vir ons sê: Geniet die lewe. Jy verdien dit. Glo jy my nie? Luister maar net na die vloedgolf van advertensies, en sê dan vir my ek is verkeerd. Maar hier is die groot vraag: Sê nou dít wat jy vandag gebruik, steel die oes wat God vir jou toekoms beplan het? 

In die vroeë 1900's het boere in Great Plains in Amerika weens droogte, geweldig swaargekry. Baie van hulle was so desperaat om te oorleef, dat hulle hul saaikoring gemaal het om kos vir hul gesinne te gee. Dit hét hulle vir 'n week of wat aan die lewe gehou - maar dit het hulle met absoluut geen saad gelaat om te plant nie. Die volgende seisoen was hul landerye dolleeg. Korttermyn-oorlewing het hulle hul langtermyn-bestaan gekos.

En dít is presies hoe versoeking werk. Ons verruil getrouheid vir gemak. Geduld vir genot. Gehoorsaamheid vir dit wat nóú goed voel.

Maar onthou: elke daad van geloof - elke opoffering, elke gawe, elke stap van gehoorsaamheid - is 'n saadjie. En 'n saadjie lewer net 'n oes as dit geplant word, nie as dit geëet word nie.

Galasiërs 6 vers 9: Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.

God se seëninge neem tyd. Dit word gekweek, nie gegryp nie.

Die wêreld sê: "Bederf jouself." Jesus sê: "Belê."

So wanneer jy in die versoeking kom om die maklike uitweg te kies - om op te hou gee, om op te hou dien, om op te hou saai - dink terug aan daardie boer. Die oes kom altyd, maar net vir diegene wat die saad in die grond sit.

Vertrou die proses. Vertrou God se tydsberekening. Want geloof wat kan wag, dra vrugte wat sal hou.

Moenie jou saad opeet nie. Moenie moeg word om goed te doen nie. Jy sál op die regte tyd jou oes van die ewige lewe ontvang. Moenie moed verloor nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Podden och tillhörande omslagsbild på den här sidan tillhör Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet. Innehållet i podden är skapat av Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet och inte av, eller tillsammans med, Poddtoppen.