Send us Fan Mail
1 Samuel 17:45 Maar Dawid sê vir die Filistyn: “Jý kom na my toe met 'n dolk en 'n spies en 'n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het.
Jy was waarskynlik al self in so ‘n situasie - jy staan in ’n vertrek waar almal van jou verskil. Die druk is tasbaar, die stemme is hard, en skielik voel moed na ’n luuksheid wat jy bloot nie kan bekostig nie. Om in die minderheid te wees, is nie net moeilik nie … dit is vreesaanjaend.
In 1989 het ’n onbekende jong man - vandag word hy bloot onthou as die ‘Tank Man’ - op die Tiananmen-plein in Beijing gestap. ’n Ry tenks het op hom afgestorm. Hy het geen wapens gehad nie, geen bondgenote nie; net twee inkopiesakke en ’n onwrikbare oortuiging dat dít wat besig was om te gebeur, verkeerd was.
Vir ’n paar onvergeetlike oomblikke het die hele wêreld gekyk hoe hierdie een man ’n magtige ryk in die oë kyk … en weier om te pad te gee. Dis presies hoe moed lyk. Dis hoe dit lyk wanneer jou gewete harder as jou vrees praat.
’n Paar duisend jaar vantevore het ’n ander jong seun alleen teen ’n oormag op ’n slagveld gestaan. Dawid, ’n skaapwagter, het die reus Goliat in die oë gekyk terwyl Israel se leër van vrees gebewe het.
Hy het nie ’n harnas of ’n swaard gehad nie - net sy geloof en ’n slingervel wat hy gebruik het om sy pa se skape teen roofdiere te beskerm. Hy het daardie reus reg in die oë gekyk en gesê:
1 Samuel 17 vers 45: “Jý kom na my toe met 'n dolk en 'n spies en 'n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het.
... en met een enkele klippie het die reus geval.
Hopelik sal dit nooit van jou gevra word om tenks of reuse te konfronteer nie, maar jy gáán druk ervaar - om kompromieë te maak, om stil te bly, of om terug te deins. Staan nogtans vas. Want moed word nie deur getalle bepaal nie. Dit lê daarin dat jy weet: wanneer God aan jóú kant staan, is dit beslis die vyand wat die minderheid is, nie jy nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY