Send us Fan Mail
2 Timoteus 4:7-8 Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou. Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God. Op die dag dat Hy weer kom, sal die Here, die regverdige Regter, dit vir my gee, en nie net vir my nie, maar ook vir almal wat met verlange uitsien na sy koms.
Jy kan met passie, talent en oortuiging begin - maar wat die meeste saakmaak, is hoe jy klaarmaak. Want in die wedloop van die geloof begin baie mense goed. Min steek die wenstreep oor terwyl hulle steeds getrou is.
In die vroeë 1900's het die Skotse Olimpiese naelloper Eric Liddell die wêreld verstom toe hy geweier het om sy beste item - die 100 meter - te hardloop. Dit was geskeduleer vir ’n Sondag, die dag wat hy vir aanbidding gereserveer het. Die pers het hom uitgelag. Politici het hom as onpatrioties uitgekryt. Maar Eric het vasgestaan.
In plaas daarvan het hy die 400 meter gehardloop - ’n resies waarin hy nie die gunsteling was om te wen nie. Net voor die wegspring het iemand vir hom ’n briefie in die hand gestop waarop staan: “Die wat My eer, sal Ek eer.” Hy het goud gewen.
Maar weet jy, Liddell se grootste oorwinning het eers later gekom. Op die kruin van sy roem het hy atletiek gelos om as sendeling in China te gaan dien. Toe die oorlog uitbreek, is hy in ’n Japannese kamp opgesluit waar hy sy laaste jare deurgebring het om kinders te leer, kos te deel, en die vrede van Christus uit te straal. Hy is daar oorlede - uitgeput, maar getrou.
Die apostel Paulus het, terwyl hy die dood in die gesig gestaar het, aan sy dissipel en aan ons geskryf in:
2 Timoteus 4 vers 7 en 8: Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou. Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God. Op die dag dat Hy weer kom, sal die Here, die regverdige Regter, dit vir my gee, en nie net vir my nie, maar ook vir almal wat met verlange uitsien na sy koms.
Dít is nou hoe dit lyk om goed klaar te maak. So, wanneer moegheid fluister: Laat skiet, gee moed op, moenie meer probeer nie, onthou dan - die prys word nie vir die vinnigste gegee nie, maar vir die een wat getrou bly.
Hou aan om jou wedloop te hardloop. Want elke stap in Jesus se rigting is ’n stap nader aan die kroon wat nooit sal verdof nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY