Send us Fan Mail
Handelinge 5:29 Petrus en die ander apostels het geantwoord: “'n Mens moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense!
Almal sê hulle het beginsels - totdat daardie beginsels hulle iets begin kos. Dis die oomblik wanneer die aap uit die mou kom: Glo ek regtig wat ek sê ek glo, of ry ek maar net die golf solank dit veilig is?
Die fluitjieblaser, Katharine Gunner, was bekend daarvoor dat sy onveilige praktyke in Brittanje se National Health Service oopgevlek het. Sy was nie beroemd, magtig of beskerm nie. Sy het bloot verkeerde dinge gesien wat mense se lewens gekos het, en geweier om stil te bly — selfs toe dit beteken het dat sy haar werk kon verloor en in die publiek sleggesê word. Haar oortuiging was dít: “Jy kan nie regmaak wat jy nie bereid is om te konfronteer nie.”
So, wat doen jy wanneer die druk erger word - wanneer stilbly die veiligste opsie is, maar om die waarheid te praat, jou duur te staan gaan kom? Dis presies waar jou oortuiging getoets en moed gebore word.
Ná Jesus uit die dood opgestaan het, is sy volgelinge in hegtenis geneem en gedreig omdat hulle oor Hom gepreek het - veral omdat hulle verklaar het dat Hy leef. Die owerhede het hulle beveel om op te hou, maar …
Handelinge 5 vers 29: “Petrus en die ander apostels het geantwoord: ‘Ons moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense.”
Dis presies hoe morele moed klink - ’n geloof wat weier om voor vrees te buig.
Om Jesus te volg en God te eer - kom selde sonder ’n prys. Dit beteken dalk om jou sê te sê by die werk, om op te staan vir iemand wat sleg behandel word, of om te weier om jou geloof af te water om te sê wat ander graag wil hoor.
Maar morele moed gaan nie oor wen nie - dit gaan oor aanbidding. Dit is om God bo alles te eer.
So, as gehoorsaamheid jou ooit iets kos - of dit nou jou gemak, mense se goedkeuring of ’n geleentheid is - onthou dít: die Een vir wie jy opstaan, het eerste vir jóú opgestaan. Hy het skande, verwerping en die dood deurgemaak omdat Hy lief is vir jou.
En wanneer jy kies om Hom te gehoorsaam, wat dit ook al kos, verloor jy nie - jy deel in sý oorwinning. Staan dus vas. Doen wat lewe bring. Dien God, nie mense nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY