Send us Fan Mail

Jeremia 29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting! 

Soms verloop die lewe nie soos jy wil hê dit moet nie. Jy beplan alles - jou loopbaan, jou gesin, jou aftree-droom - en dan, uit die bloute, gooi iets jou van koers af. 

Voor hy die gloeilamp uitgevind het, het Thomas Edison duisende mislukte eksperimente gehad. Joernaliste het hom gespot, Hoekom gaan  jy na soveel katastrofes aan om te probeer om die onmoontlike te doen? Sy antwoord was: Ek het nie gefaal nie. Ek het pas 10 000 maniere gevind wat nie gaan werk nie. Wat mense as mislukking beskou het ... het hy as deel van die plan gesien.

Die Israeliete moes in die tyd van die Profeet Jeremia, ook moedeloos gevoel het. Hulle was ontwortel; hulle was uit hulle eie land verban; hulle het in Babilon, ver van die huis, ver van die tempel en ver van alles wat hulle voorheen sekuriteit gegee het, gewoon. 

Maar te midde van hulle pyn bemoedig God hulle:

Jeremia 29:11Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!

Dit was nie as 'n opwindende ‘Instagram-meme aan Israel geskryf nie. Dit is aan 'n gebroke, vervreemde volk geskryf. Ja, en ons weet dat Israel uiteindelik na die Beloofde Land terug is en dat God se belofte waar geword het. Hy het belowe dat sy goeie planne eendag vervul sou word - planne wat in Jesus tot vervulling gekom het.

Weet jy dat jy ín Hom reeds die toekoms wat God belowe het, besit? Die Ewige Lewe. Vergifnis. Hoop wat nie van jou weggeneem kan word nie. So... Moenie paniekerig wees wanneer jou eie planne misluk nie. God se plan in Christus is steeds op koers. En sy plan is altyd goed.

Dis sy Woord. Vars ... Vir jou... Vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Podden och tillhörande omslagsbild på den här sidan tillhör Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet. Innehållet i podden är skapat av Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet och inte av, eller tillsammans med, Poddtoppen.