Send us Fan Mail

Psalm 63:2 Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in 'n dor en droë land, 'n land sonder water. 

Het jy al ooit wakker geword met 'n droë mond, 'n krapperige keel en 'n dors na water asof dit die enigste ding is wat saak maak? Fisiese dors is erg. Maar wanneer jou siel dors is, is dit 'n ander soort pyn. Een wat jy nie met 'n glas water kan les nie.

In 1901, in die versengende hitte van Wes-Australië se goudvelde, moes delwers diep grawe - soms honderde meters - net om water te kry. Baie van hulle het gesterf terwyl hulle probeer het. Nie omdat daar geen water was nie, maar omdat hulle nie geweet het waar om te grawe nie en ook dikwels omdat hulle te gou moed opgegee het.

Die woestyn was nie net warm nie. Dit was dodelik. Iets wat koning Dawid van Israel maar te goed geken het:

Psalm 63:2: Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in 'n dor en droë land, 'n land sonder water.

Dawid was nie net besig om poëties te wees nie. Hy was letterlik in die wildernis, besig om vir sy lewe te vlug. Geen tempel nie. Geen menigte mense nie. Geen gemak nie. Net droë, eensame, verlate terrein. En tog was daar iets wat hy baie nodiger gehad het as water en al die ander dinge! Hy het vir God nodig gehad.

Want wanneer jou siel dors is, wanneer jy alles probeer het en daar niks is wat daardie diep dors les nie; is God die enigste Een wat jou kan verkwik. Nie rykdom nie. Nie gemak nie. Nie godsdiens of rituele nie. Net 'n diep, opregte verhouding met God self.

Kyk, die vraag is nie of God daar is of nie. Natuurlik is Hy daar. Die vraag is: Grawe jy op die regte plek? Of is jy dalk te moeg om te soek?

God kruip nie vir die dorstiges weg nie. Hy versadig hulle.

So, as jou siel vandag dor is, begin deur na Hom uit te roep: “O God, U is mý God.” En moenie ophou soek nie.

Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Podden och tillhörande omslagsbild på den här sidan tillhör Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet. Innehållet i podden är skapat av Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet och inte av, eller tillsammans med, Poddtoppen.