Send us Fan Mail

Spreuke 27:1 Moenie te veel praat oor wat môre kan gebeur nie. Jy weet glad nie wat môre gaan oplewer nie. (NLV) 

Ons beplan vir die toekoms asof ons op een of ander manier in beheer is. Jy weet: môre se vergadering; volgende maand se doelwitte; volgende jaar se vakansie; waar ons oor vyf jaar wil wees, of wat ook al. Maar dan gebeur iets onbeplands. ’n Diagnose. ’n Telefoonoproep. ’n Krisis. Skielik is môre nie meer so seker as wat ons gedink het nie.

Op 11 Maart 2011 het pendelaars in Japan net soos op enige ander dag op hulle treine geklim …. Kosblikke was gepak. Boodskappe gestuur. Afsprake gereël. Maar toe, presies om 14:46, tref ’n aardbewing van 9 op die Richterskaal die land. 9!

Dit het ’n massiewe tsunami veroorsaak wat meer as 18,000 mense se dood veroorsaak het; dit het lewens, bestemmings en ewighede vir altyd verander. Nie ’n enkele persoon het daardie oggend verwag dat dit hulle laaste dag sou wees nie. Maar dis die lewe, en dis waarom hierdie spreuk ons aangryp:

Spreuke 27:1: Moenie te veel praat oor wat môre kan gebeur nie. Jy weet glad nie wat môre gaan oplewer nie. (NLV)

Kyk, dit beteken nie dat ons nie moet beplan nie. Dit is gemik op die mens se hoogmoed dat ons ons eie lewe sonder God kan leef. God herinner ons aan die ongemaklike waarheid dat môre nie in ons hande is nie.

Dit is maklik om te lewe asof ons tyd op aarde onbeperk is. Asof ons gehoorsaamheid, vergifnis, verandering of selfs oorgawe aan God kan uitstel - want “daar is altyd later tyd.” Maar later word nie gewaarborg nie.

Wat ís gewaarborg? Nou. Hierdie oomblik. Hierdie asemteug.

Moenie dít wat die meeste saakmaak, uitstel nie. Moenie die gesprek, die gebed of die besluit om na God terug te keer, uitstel nie. Lewe asof vandag tel - want dit tel. En wanneer jy môre in God se hande plaas, sal jy ‘n baie beter greep op vandag hê.

Moenie roem op wat jy môre gaan doen nie, want jy weet nie wat tussen nou en dan gaan gebeur nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Podden och tillhörande omslagsbild på den här sidan tillhör Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet. Innehållet i podden är skapat av Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet och inte av, eller tillsammans med, Poddtoppen.