Send us Fan Mail

Johannes 3:14-15 Moses het die slang in die woestyn hoog op 'n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê.

Het jy al agtergekom hoe die kleinste dingetjie ‘n ramp kan verhoed? Een enkele bout hou ’n vliegtuig se vlerk vas. Een vuurhoutjie steek ’n vuur in die ysige koue aan. Soms verander net een klein dingetjie alles.

In 1829 is ’n sekere George Wilson skuldig bevind aan die roof van ’n poskoets en ter dood veroordeel. Maar toe, heeltemal onverwags, het die President van die Verenigde State vir hom ’n volle kwytskelding gegee. Mens sou dink dit sou die einde daarvan wees, nè?

Maar Wilson het die kwytskelding geweier en gesê hy wil dit nie hê nie. Die saak het tot by die Amerikaanse Hooggeregshof gegaan, wat uiteindelik beslis het: ’n Kwytskeldingsbrief is net ’n stuk papier, tensy dit aanvaar word. Wilson is tereggestel.

En dit bring my by dít wat Jesus gesê het:

Johannes 3:14-15: Moses het die slang in die woestyn hoog op 'n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê.

Dit klink aanvanklik vreemd dat Jesus Homself met ’n koperslang vergelyk. Maar in Numeri, het God ’n plaag giftige slange oor Israel gestuur as straf vir hulle sonde, en as gevolg daarvan het hulle aan slangbyte gesterf. Toe sê God vir Moses om ’n koperslang op ’n paal omhoog te hou. Enigiemand wat daarna gekyk het, het gelewe.

Wat Jesus hier sê, is dit: Dis Ék. Ek is op ’n kruis verhoog. Nie vir die vertoon nie. Nie vir godsdienstige redes nie. Maar sodat enigiemand wat in My glo, en My aanneem, kan lewe.

Die kwytskeldingsbrief is reeds met Christus se bloed aan daardie kruis geteken. Die geskenk lê en wag, maar dit red jou eers wanneer jy dit aanvaar.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Podden och tillhörande omslagsbild på den här sidan tillhör Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet. Innehållet i podden är skapat av Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet och inte av, eller tillsammans med, Poddtoppen.