Send us Fan Mail

1 Petrus 1:3 Alle eer aan die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want sonder dat ons dit verdien, het Hy sy ontferming aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons weergeboorte uitgeloop het. Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het. (NLV) 

Die lewe is onvoorspelbaar, nè? Maar weet jy, ‘n mens kan geweldig baie oorleef as jy hoop het. Maar vat daardie hoop weg - vat dit régtig weg - en jy hou op voort te beweeg. Jy hou op om te probeer. Jy hou op om om te gee. Hoop is nie sommer net iets wat "lekker is om te hê" nie. Dit is suurstof vir jou lewe.

In 1952 het Florence Chadwick probeer om die 41 kilometer van die Kaliforniese kus na Catalina-eiland te swem. Halfpad deur het ’n dik mis opgesteek. Sy kon nie die kuslyn sien nie. Na 15 uur, uitgeput en gedisoriënteerd, het sy opgegee - net om uit te vind dat sy minder as ’n kilometer van die eindstreep af was.

Later het sy gesê: Ek dink as ek die kus kon sien, sou ek dit gemaak het. Ek dink nie een van ons twyfel daaraan nie. Haar probleem was nie ’n gebrek aan uithouvermoë nie. Haar probleem was dat sy hoop verloor het.

1 Petrus 1:3: Alle eer aan die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want sonder dat ons dit verdien, het Hy sy ontferming aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons weergeboorte uitgeloop het. Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het. (NLV)

Hierdie is nie ’n mog-het-troffe tipe hoop nie. Dit is ’n lewende hoop - geankerd in iets wat reeds gebeur het: Jesus het opgestaan uit die dood. En dít … dít verander alles. Dit beteken dat dit nie saak maak hoe dik die mis word nie, die kus is werklik daar. Die eindstreep is daar. Jy verbeel jou dit nie net nie. Jy is nie net besig om te oorleef nie. Jy is op pad iewers heen.

En daardie soort hoop is nie net vir wanneer jy eendag sterf nie - dis vir nou, terwyl jy lewe. Dit gee jou die moed om weer lief te hê, om weer te veg, om weer te glo. Jy kan aanhou lewe. Omdat Jesus leef, leef jou hoop ook.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Podden och tillhörande omslagsbild på den här sidan tillhör Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet. Innehållet i podden är skapat av Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet och inte av, eller tillsammans med, Poddtoppen.