Send us Fan Mail

Jesaja 55:6 Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog naby is. 

Treine wat verpas is. Oproepe wat gemis is. Kanse wat verlore is. Die meeste van ons weet hoe dit voel om net ’n klein bietjie te laat te wees; en hoe dit voel as daardie oomblik verby is. Ja, my vriend, die ou bootjie het by jou verbygevaar.

In 1986 het Halley se Komeet naby genoeg aan die aarde verbybeweeg om met die blote oog gesien te word. Skares het saamgedrom. Mense het uitgekamp. Maar die meeste het dit gemis en gesê: Ag wat, miskien is ek volgende keer gelukkig.

Ja, goed, maar die volgende keer sal eers in 2061 wees. ’n Oomblik het gekom … en gegaan. Vir die meeste was dit ’n kans van ‘n leeftyd, maar hulle het dit om die een of ander rede gemis. Punt. Einde van die storie.

Goed, jy dink dalk nie dis die dood van Kaspaas nie. Ek stem saam. Maar sê nou jy mis jou kans van ‘n leeftyd om die koers van jou ewigheid te verander; vir altyd en altyd, ‘n lewe sonder einde? Dit sou ’n vreeslike tragedie wees. Hoe dink jy?

Jesaja 55:6: Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog naby is.

God kruip nie weg nie. Hy speel nie speletjies nie. Hy is hier. Nou vandag. Maar wees wakker: die profeet Jesaja gee vir ons ’n duidelike en ernstige waarskuwing: Soek Hom nou; terwyl jy nog kan.

Wees realisties: bootjies vaar baie maklik verby. Oomblikke gaan verby. Seisoene gaan verby... En wanneer jou hart begin roer; wanneer iets binne-in jou weet dat dit tyd is om na God uit te reik, is dit nie toevallig nie. Dis Hy wat jou nader trek.

Moenie dit sommer net afmaak nie. Moenie sê: Ek sal later daarna kyk nie. “Later” is baie dikwels te laat!

Die oproep is nie ingewikkeld nie. Dis nie “maak eers jou lewe skoon” of pluis eers alles uit” nie.

Want wanneer Hy jou roep, en jy reageer nie daarop nie, is dit die resep vir ‘n rampspoedige doodloopstraat. Dis eenvoudig. Roep Hom aan. Soek vir Jesus terwyl Hy nog naby is. Die geleentheid is nou daar. Gryp dit aan!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Podden och tillhörande omslagsbild på den här sidan tillhör Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet. Innehållet i podden är skapat av Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet och inte av, eller tillsammans med, Poddtoppen.