Send us Fan Mail
Handelinge 4:31,33 Na hierdie gebed het die gebou waar hulle bymekaar was, geskud, en hulle is almal met die Heilige Gees vervul. En hulle het God se boodskap onverskrokke verkondig.… Die apostels het kragtige getuienis gegee oor die opstanding van die Here Jesus, en God het sy genade ryklik aan elkeen gegee. (NLV)
Iets wat baie kerkmense pla, is die manier waarop die gemeentelede optree. Jy sien kerke skeur en die helfte van die mense loop uit; soms baklei hulle selfs in die hof oor hul verskille. Regtig? Is dit hoe dit veronderstel is om te wees?
In die vroeë 1700's het ’n klein groepie gelowige vlugtelinge uit Morawië, wat ons as Tsjeggo-Slowakye ken, vir vervolging gevlug. Hulle het gaan wegkruip op die plaas van graaf Nikolaus von Zinzendorf. Aanvanklik was daar baie spanning in die groep, maar op 13 Augustus 1727 het iets besonders gebeur: tydens ’n nagmaaldiens het hulle beleef hoe God se genade oor hulle uitgestort word.
Die bakleiery het opgehou, daar was skielik 'n atmosfeer van versoening en hulle was weer in volle akkoord. Van daardie oomblik af het alles verander. Binne ’n paar dekades het hierdie vlugtelinge, sendingwerkers na Afrika en Amerika gestuur en die Morawiese beweging het een van die grootste sendingaksies ooit geword.
Kyk wat sê die boek Handelinge:
Handelinge 4:31,33: Na hierdie gebed het die gebou waar hulle bymekaar was, geskud, en hulle is almal met die Heilige Gees vervul. En hulle het God se boodskap onverskrokke verkondig.… Die apostels het kragtige getuienis gegee oor die opstanding van die Here Jesus, en God het sy genade ryklik aan elkeen gegee. (NLV)
Hier is die kruks van die probleem. Wanneer ons eie wil en begeertes ons lewens regeer, en ons net heeltyd reg wil wees ... gaan dit net op één manier eindig: in ‘n bakleiery en verdeeldheid.
Maar wanneer ons toelaat dat God se Heilige Gees ons vul, net soos Hy met die apostels gedoen het, sal sy krag en sy genade ons heeltemal beheer. Dis mos die genade wat ons nodig het!
Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY