Sitkamer
Avsnitt

Episode 6: Die samestelling van 'n drietalige Kaapse woordeboek as erfenisprojek

Dela

Die samestelling van 'n drietalige Kaapse woordeboek is 'n projek onder leiding van Quentin Williams en die Sentrum vir Meertaligheid en Diversiteit aan die Universiteit van die Wes-Kaapland. In hierdie episode gesels Bibi Burger met Sitkamer se eie Earl Basson, lid van die woordeboek se plaaslike advieskomitee. Hulle praat oor die status van Kaaps as taal, die woordeboek as standardiseringsinstrument en as erfenisprojek.

Angie Gallagher is Sitkamer se redigeerder en Franco Prinsloo die komponis agter die temalied. Volg ons gerus op Sitkamer | Facebook en stuur enige navrae aan sitkamerpod@gmail.com. Met trots geborg deur die Afrikaanse Taalraad (ATR) en die Internasionale Vereniging vir Afrikaans (IVA).

Podden och tillhörande omslagsbild på den här sidan tillhör Sitkamer. Innehållet i podden är skapat av Sitkamer och inte av, eller tillsammans med, Poddtoppen.