In die nuutste episode van Sitkamer gesels Earl Basson met Ashwin Arendse en Ryan Pedro oor hul onderskeie debuutbundels. Ons leer meer oor hoe Ashwin en Ryan grootgeword het, hoe persoonlike ervaringe hul poësie beïnvloed en waarom hulle al drie barbershops as stresvol ervaar.
Angie Gallagher is Sitkamer se redigeerder en Franco Prinsloo die komponis agter die temalied. Volg ons gerus op Sitkamer | Facebook en stuur enige navrae aan sitkamerpod@gmail.com. Met trots geborg deur die Afrikaanse Taalraad (ATR) en die Internasionele Vereniging vir Afrikaans (IVA).
Podden och tillhörande omslagsbild på den här sidan tillhör
Sitkamer. Innehållet i podden är skapat av Sitkamer och inte av,
eller tillsammans med, Poddtoppen.