In die nuutste episode van Sitkamer gesels Bibi Burger met Nathan Trantraal en Stephané Conradie oor bundelvoorblaaie. Nathan is die ontwerper van die voorblad van Ryan Pedro se bundel “Pienk ceramic hondjies” (2020), waarvan Stephané die foto geneem het. Dié voorblad is onlangs met ‘n Pendoring bekroon.
‘n Sitkamergesprek onder leiding van Mercy Kannemeyer gaan dié onderhoud vooraf. Ons gesels oor objekte, die brande in Kaapstad en gesamentlike rou.
Angie Gallagher is Sitkamer se redigeerder en Franco Prinsloo die komponis agter die temalied. Volg ons gerus op Sitkamer | Facebook en stuur enige navrae aan sitkamerpod@gmail.com. Met trots geborg deur die Afrikaanse Taalraad (ATR) en die Internasionele Vereniging vir Afrikaans (IVA).
Podden och tillhörande omslagsbild på den här sidan tillhör
Sitkamer. Innehållet i podden är skapat av Sitkamer och inte av,
eller tillsammans med, Poddtoppen.