Sitkamer
Avsnitt

Episode 1: Maak jouself (on)gemaklik. In gesprek met Yves T'Sjoen en Alfred Schaffer

Dela

Sitkamer is ’n spiksplinternuwe podsending vir enigeen wat belangstel in gesprekke oor Afrikaanse letterkunde. Met ’n uitgesoekte geselskap neem Mercy Kannemeyer die leiding in die eerste gesprek tussen Bibi Burger, Earl Basson, Janien Linde, Alwyn Roux en Remona Voges-Van Huyssteen oor die betekenisassosiasies van 'n sitkamer. Daarnaas gesels Alwyn met Yves T’Sjoen oor die Gentse Sentrum vir Afrikaans en die Studie van Suid-Afrika en Mercy met die PC Hooft-pryswenner vir poësie Alfred Schaffer. Angie Gallagher is Sitkamer se formidabele redigeerder en Franco Prinsloo die komponis agter die temalied. Volg ons gerus op Sitkamer | Facebook en stuur enige navrae aan sitkamerpod@gmail.com. Met trots geborg deur die Afrikaanse Taalraad (ATR) en die Internasionele Vereniging vir Afrikaans (IVA).

Podden och tillhörande omslagsbild på den här sidan tillhör Sitkamer. Innehållet i podden är skapat av Sitkamer och inte av, eller tillsammans med, Poddtoppen.